Bring asseblief die volgende saam:

Warm baadjies. Die Oord is baie hoog op ‘n BERG geleë. Gewoonlik heerlik warm bedags, maar dit kan baie koud raak saans. Eie Warm beddegoed of slaapsak, warm knie-kombersie, kamp-matras vir "soaking worship" sessies in lesingslokale, handdoeke, stortmatjie, seep, toiletpapier, flits, Bybel, notaboek, skryfgoed en hout vir die kaggel, kamera en versnaperings (“snacks”) vir peusel tussen etenstye. Stapskoene, draftekkies tydens af-tye.

Dit is ‘n plaas- en Natuurbewaringsarea. Daar is muise, slange, skerpioene en spinnekoppe

(Onthou, ons is die indringers, hulle was eerste hier). Bly asb op die paaie

Belangrike inligting

Heaven’s View Mountain Resort is bereikbaar met enige motor. Daar is min selfoon opvangs by die Oord, wel goeie opvangs 2km hoër teen berg op.

Die WATER is onbesoedelde suiwer, BERG-fontein-water, baie vars, SKOON en drinkbaar.

Die omgewing is ‘n FYNBOS-Natuur-Bewarings-Area, pluk van blomme is verbode!

Hoë Brand Risiko omgewing!  Geen oop vure, “bonfires” en vernietiging van plantegroei word toegelaat nie.

Rook is streng verbode in slaapeenhede, badkamers, ablusie blokke, in of naby alle geboue en ingange, hou asb by die reëls.  Rook Area is aangedui…!

Lees en volg padaanwysings deeglik, anders gaan jy verdwaal. Moenie terugry na die dorp, wat meestal uit naweek gaste bestaan, vir rigting vra nie. Hulle kan jou nie kan help nie. Padaanwysings, (MAP) By groot klipmuur (Boesmanskloof, DIE GALG) draai regs, op met teerpaadjie teen berg, behou momentum en draai links in by die NO ENTRY PRIVATE ROAD, bordjie by die groot sement blad. Daar is ‘n grondpaadjie van so ongeveer 300m tot by Heaven’s View. Parkeer area is REGS.  Probeer Aankoms en Registrasie so skeduleer, voor dit donker raak,(asb nie later as 18h30 nie).

Vir verdere vrae, sien asb webtuiste www.heavensviewmountainresort.co.za

   Kontak:   ADMIN: 082 430 4688 Helene Prins: 0832358503  of e-pos asb  heavensviewmountainresort@gmail.com