Search    

Besprekings Vereistes



Heaven’s View Mountain Resort Besprekings vereistes

Minimum Bespreking: 30 volwasse persone per kampgroep. Indien kampgroep minder is as 30, gaan u ‘n faktuur kry vir 30 persone

Indien kinders deel vorm van 'n volwasse kampgroep, moet hul voltyds inskakel by die kampprogram of voltyds onder volwasse toesig wees

R1500-00 deposito verseker en bevestig datum van bespreking

Besprekingsdatums word slegs bevestig na ontvangs van deposito.

Outomatiese kansellasie van u datum volg na 7 dae indien geen bewys van betaling ontvang word nie.

Uitstaande balans moet vereffen word 3 dae voor aankoms, via Elektroniese oorplasing direk na Galgeberg Oord Bankrekening.  Faks of epos asb. bewys van betaling. Geen toegang na kampterrein sonder bewys van finale betaling.

Die bewys van betaling verseker hek-toegangskode na Galgeberg Oord kampterrein..   

Menu (Spyskaart) opsie en kamp-datum moet 1 maand voor aanvang van kamp met spysenier/sjef bevestig word. Geen selfsorg “catering” word toegelaat

Kansellasies


1-3 maande voor kamp 10% hanterings fooi

2 weke voor die kamp 50% hanterings fooi

1 week voor die kamp 100% hanterings fooi 

Reëls

Bring eie kaggelhout, eetgerei, vadoeke, beddegoed, handdoeke, toiletpapier, "snacks", eie medikasie & mediese noodhulp   

Laat asb die fasiliteit in dieselfde goeie skoon toestand waarin u dit ontvang het. Geen meubels, matrasse, komberse mag verskuif of rondgedra word nie

Rapporteer  alle gebreekte artikels aan die kamp organiseerders en bestuurder.

Die organiseerders (kerk) van die kamp is verantwoordelik vir die veiligheid van die kampeerders, dissipline en handhawing van sosiaal aanvaarbare en betaamlike gedrag, wat nie steurend vir ander kampeerders is nie. 

 

Die mediese noodhulp en versorging van die kampeerders is die verantwoordelikheid  van die organiseerders.

BRAND GEVAAR !   Fynbos Bewarings Area !

GEEN GAS-STOFIES, ROOK, KERSE of OOP VURE

IN DIE SLAAPLOKALE, VELD EN OMGEWING

 

Kontak besonderhede vir besprekings: 

Helene Prins: epos: heavensview@live.co.za

Sel:  0832358503  of  Landlyn :  021-9130009

Los boodskap of Faks:  021-9133227

 

BANKBESONDERHEDE

NAAM:       GALGEBERG OORD CC

BANK:       ABSA

TAK:          SANTYGER (KODE 630-510)

REK NO:    4071697165