Heaven’s View Mountain Resort Besprekings vereistes

Minimum Bespreking: 30 volwasse persone per kampgroep, minimum 2 nagte. Indien kampgroep minder is as 30, gaan u ‘n faktuur kry vir 30 persone

Kleiner kampgroepe mag dalk die kampterrein met ‘n ander kampgroep deel.

Indien kinders deel vorm van 'n volwasse kampgroep, moet hul voltyds inskakel by die kampprogram of voltyds onder volwasse toesig wees

R2000-00 deposito verseker en bevestig datum van bespreking

Besprekingsdatums word slegs bevestig na ontvangs van deposito. Outomatiese kansellasie van u datum volg na 14dae indien geen bewys van betaling ontvang word nie, datums word dan her-allokeer.

Kamer-indelingsversoeke, ‘n beraamde aantal gaste, asook saaluitleg versoeke, moet 8 dae voorafgaande die kamp deurgegee word.

Kansellasies

Deposito terugbetaling, slegs indien ‘n plaasvervangende bespreking ontvang word, minus 10% hanterings fooi.

Uitstaande balans moet vereffen word die Maandag voor aankoms, via Elektroniese oorplasing direk na Galgeberg Oord Bankrekening. Epos asb. bewys van betaling. Die bewys van betaling verseker hek-toegangskodes na Galgeberg Oord kampterrein. Geen  KOS of toegang na kampterrein sonder bewys van finale betaling.

BANK BESONDERHEDE

NAAM:              GALGEBERG OORD CC

BANK:              ABSA

TAK:               SANTYGER (KODE 630-510)

BIC CODE:     ABSAZAJJ

REK NO:          4071697165

Bewys van betaling na:  heavensviewmountainresort@gmail.com

Verwys: Kamp Naam, Jou Naam en Van

 Kontakbesonderhede:  ADMIN

Marijolize van Rensburg:  0723182899

 epos: events@heavensview.co.za 

Website Wedding Venue Hire: www.heavensview.co.za                             

Helene Prins:     0832358503

 e-pos: heavensviewmountainresort@gmail.com    

Conferences & Camps Website:  www.heavensviewmountainresort.co.za

Reëls

Bring eie kaggelhout, beddegoed, warm knie kombersie vir in saal tydens lesings, handdoeke, toiletpapier, Bybel, Notaboek en pen "snacks", eie medikasie & mediese noodhulp   

Laat asb die fasiliteit in dieselfde goeie skoon toestand waarin u dit ontvang het. Geen meubels, matrasse, komberse mag verskuif of rondgedra word nie. Indien eksterne skoonmakers na kamp benodig word, sal hierdie bedrag (vervoer R420 asook R250 per werker x2= R920) vanaf die deposito verhaal word.

Rapporteer alle gebreekte artikels, asook herstelwerk benodig aan die kamp organiseerders en bestuurder.

Die organiseerders (kerk) van die kamp is verantwoordelik vir die veiligheid van die kampgaste, dissipline en handhawing van sosiaal aanvaarbare en betaamlike gedrag, wat nie steurend vir ander kampgaste is nie. 

Die mediese noodhulp en versorging van die kampeerders is die verantwoordelikheid van die organiseerders.

Spyseniering: Geen selfsorg “catering” Heaven’s View gebruik slegs hul eie spyseniers. Ons spyskaart is goeie kwaliteit etes. Ons kan vegetariërs, hanteer, indien vooraf bespreek, maar geen ander spesiale spyskaart voorkeure nie. GEEN BANTING NIE. Die finale getalle vir spyserniering moet ons vyf (5) dae voor die aanvang van die kamp bereik. U sal vir hierdie getalle ‘n faktuur kry, asook vir die bykomende ekstra’s.

Etenstye: Ontbyt: 8vm, Middagete: 1nm, Aandete: Vry. 7nm en Sat. 6nm

VEILIGHEID & VRYWARING: Heaven’s View Mountain Resort is besorg oor u veiligheid. Ons tref voorsorg maatreëls sodat u veilig is tydens u verblyf by ons. Alle gaste is VERPLIG om ‘n Vrywaringsvorm (Indemnity) te voltooi en in te handig voor die aanvangs van die kamp.

BRAND GEVAAR Fynbos Bewarings Area: 

GEEN GAS-STOFIES, VERWARMERS, ROOK, KERSE of OOP VURE WORD IN DIE SLAAPLOKALE, VELD EN OMGEWING TOEGELAAT